Metrobeampte vas na hy glo moord op kollega erken

ʼn Tshwane metropolisiebeampte is Dinsdag in Moria in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy aan ʼn pastoor gesê het dat hy ʼn kollega doodgemaak het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Tshisikhawe Ndou, sê die 27-jarige beampte het Dinsdagaand omstreeks 18:00 by die Zion Christian Church ingestap en aan ʼn pastoor gesê hy het sy mede-beampte , Claudia Rapodi, doodgemaak. Die pastoor het die polisie in kennis gestel, wat die man in hegtenis geneem het. Ndou sê die man het egter nog nie ʼn formele bekentenis voor ʼn landdros gemaak nie. Rapodi se verkoolde lyk is op 2 November in die kattebak van ʼn uitgebrande motor gevind naby Cullinan. Sy is ʼn paar tevore as vermis aangemeld. Die man sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.