Metrobeampte vas oor omkoopgeld

Foto: SAPA

ʼn Metropolisiebeampte is Vrydag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn motoris aanvaar het.

ʼn Woordvoerder vir die Johannesburgse metropolisie, hoofsupt. Wayne Minnaar, sê die 35-jarige beampte het by ʼn padblokkade gewerk toe hy ʼn taxibestuurder afgetrek het. Die beampte het die taxibestuurder glo vir R350 omkoopgeld gevra. Die taxibestuurder het egter net R120 by hom gehad. Hy het die voorval by die metropolisie aangemeld en die beampte is in hegtenis geneem. Hy sal Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.