Metrobeampte vas oor twee se moord

Argieffoto

‘n Metropolisiebeampte van Johannesburg is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie en haar mansvriend doodgeskiet het.

“Die 30-jarige man het glo sy dienspistool gebruik om die vrou uit haar vriend se motor te ontvoer,” het senior superintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê. Die vrou se ma en die mansvriend het glo na die metrobeampte se huis in Bramfischerville, Soweto, gegaan waar ‘n stryery uitgebreek en die twee persone doodgeskiet is. ‘n Vyfjarige seun, wat oorkant die straat bly, is in die been geskiet.

Die beampte is vroeg Maandagoggend in hegtenis geneem en van sy uniform, embleme en dienspistool ontneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Protea landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

Daar is tans nie verdere inligting beskikbaar oor die toestand van die vyfjarige nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.