Metrobeampte vas oor verkragting

handcuffs3-320x257ʼn Beampte van die Johannesburgse metropolisie is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vrou in Protea Glen, Soweto verkrag het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die 37-jarige beampte word daarvan beskuldig dat hy ʼn 23-jarige vrou by sy huis verkrag het. Sy kon glo daarin slaag om te ontsnap waarna sy die saak by die polisie aangemeld het. Minnaar sê die arrestasie wys dat die Johannesburgse metropolisie nie sal huiwer om hul pligte uit te voer nie. “Beamptes sal geen genade toon wanneer dit by die publiek se veiligheid kom nie, al beteken dit ons moet een van ons eie in hegtenis neem.” Die verdagte sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Is dit dan nie maar meer van ‘n reël as ‘n uitsondering dat die beskermings magte by die daaglikse misdaad self betrokke is nie, deur dit te pleeg en nie te voorkom nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.