Metrobeampte verfilm glo seks met prostitute

imagesDie metropolisie in Durban het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat een van sy lede seks van prostitute geëis het en dit dan glo opgeneem het.

Snr. Sup. Eugene Msomi, woordvoerder van die metropolisie, sê hulle ondersoek die saak en dat hulle na afloop hiervan op ʼn weg vorentoe sal besluit. The New Age het Donderdag berig dat die beampte volgens die Women’s Legal Centre (WLC) moontlik van verkragting aangekla kan word. Sithuthukile Mkhize, woordvoerder van WLC, het aan die koerant gesê dat die prostitute geweier het om met die beampte seks te hê en dat hy hulle gedwing het. Volgens die berig het die beampte se vriendin beeldmateriaal op sy selfoon gekry. Die beampte het glo video’s gemaak van hoe hy met minstens vyf prostitute seks het. Msomi sê die ondersoek sal bepaal hoeveel beamptes betrokke was en of strafregtelike klagte aanhangig gemaak sal word. Hy sê die betrokke beampte is intussen steeds by die werk aangesien die polisie se dissiplinêre- en skorsingsbeleid bepaal dat ʼn beampte nie geskors kan word voor hy sy weergawe van die gebeure tydens ʼn dissiplinêre verhoor gegee het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Seg Net ·

G@T Sluit aan by een van die polisie dienste. Die SAPS het seks agter in die bakkies waarmee hulle ‘n wegsleep diens ook bedryf. SAPS – Soek Altyd Proes Straat. Gratis verfilming.

G@TVOL ·

Hel man, dan kan ek ook geld steel, vuurwapens aan my pelle verkoop, …

Eben ·

Dan moet ons die polisie respekteer! NEVER !!!! Wonder nou, het die polisie man matriek en bestuurslisensie? Is hy voor 1994 indiens … (Aanleiding van gister se berig!)

Erich Goosen ·

Daar sal moet dringed steekproewe gedoen word om die omvang van die probleem vas te stel.

Trippie ·

LoL – stuur dadelik ‘n donker-groen Ouditeur in om die steekproewe te doen !

Vas Vat ·

Geregdienaars,dwing maar gewoonlik hierdie gratis gunsies af,bygese,nie almal nie.

Willy ·

Met minstens vyf prostitute seks. Hierdie beampte word nie met ‘n slap riem gevang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.