Metrobeamptes in gestremde parkering lag vir man in rolstoel

Foto: The Star

Twee metropolisiebeamptes moet verantwoording doen nadat hulle glo vir ʼn student in ʼn rolstoelgelag het nadat hy hulle gekonfronteer het omdat hulle in ʼn parkeerspasie vir gestremdes parkeer het.

The Star berig Gerhard Swarts (23) het verlede week by die Festival-winkelsentrum in Kempton Park aangekom waar ʼn voertuig van die Johannesburgse-metropolisie in ʼn parkeerspasie vir gestremdes parkeer was. Swarts sê daar was nie ʼn bestuurder in die motor nie waarna hy na die passasierskant beweeg het en aan die metropolisiebeampte gevra het of daar ʼn gestremde persoon in die motor was. Die bestuurder van die motor, ook ʼn metropolisiebeampte, het vyf minute later by die motor aangekom. “Ek het aan haar gesê ek kan sien sy is nie gestremd nie waarop sy geantwoord het dat sy nie is nie en terug in die motor geklim en die deur toegeslaan het. Ek het met hulle probeer praat maar hulle het nie reageer nie en net vir my gesit en lag.” Die hoof van die Johannesburgse-metropolisie, superintendent Wilfred Kgasago, sê hulle is besig om verklarings af te neem en het ʼn beroep gedoen op ooggetuies hom te kontak by 083 607 8125.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.