Metrobus-staking duur voort

Die onbepaalde staking deur Metrobus-bestuurders duur Dinsdag voort.

“Ons het nie Maandag enigiets van die bestuur gehoor nie, so ons betoog op dieselfde plek, voor Metrobus se hoofkantoor,” het Phanuel Tshikovha, woordvoerder vir die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) Dinsdag gesê. “Totdat ons met bestuur vergader het, sal die staking onbepaald voortduur.”

Samwu-lede het Maandag begin staak en eis dat ʼn ondersoek teen Lawrence Maqekoane, waarnemende besturende direkteur van Metrobus, eers afgehandel moet word. Klik hier om meer te lees.

Ranti Mahlabana, algemene bestuurder van menslike hulpbronne, het gesê dat sowat 44% van busse Maandagoggend op die pad was.

Die vakbond is glo in kennis gestel dat daar bestaande prosedures in plek is om hul besware aan te spreek en dat die raad bereidwillig is om ʼn onafhanklike konsultant aan te stel om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.