Ekhurhuleni metropolisiebeamptes moes Vrydag hul kantore by die OR Tambo Internasionale Lughawe ontruim nadat hulle glo versuim het om huur te betaal.
Die Saturday Star berig dat die metropolisie Vrydag uitgesluit is nadat hulle glo vir ‘n jaar lank nog nie huur betaal het nie. Die finale kennisgewing wat die Lughawensmaatskappy (Acsa) aan die Ekurhuleni-raad uitgereik het, se grasieperiode het Vrydag verval. Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder vir Acsa, het gesê die besluit om die metropolisie uit te sit was nie ligtelik geneem nie. “Ons stuur al sedert Desember verlede jaar vir hulle fakture, en ons departement van finansies het op ‘n behoorlike wyse met die metro kommunikeer,” het Batyashe-Fillis gesê. Sy wou nie sê hoeveel die metroraad aan Acsa verskuldig is nie. Sommige metrobeamptes het aangedui dat sekere aspekte van wetstoepassing nou by die lughawe blootgestel sal wees.
Dit is ‘n skeiende skande dat ‘n regerings-organisasie moet ontruim vanweë wanbetaling en dit na herhaalde kennisgewings.
Herhaaldelik word in die pers berig van wanbetalings deur regerings-departemente maar kry mens die indruk dat dit sommer ligtelik opgeneem word want nooit lees mens van ernstige optrede teen die skuldige amptenare of self van hul dissiplinêre verhoor nie.
‘n Land kan tog onmoontlik op hierdie wyse bestuur word. HIerdie insident asook honderde ander, maak die beskuldiging dat die ANC-regering onbevoeg is om sy werk na behore te doen, heeltemal waar.
Dis half goeie nuus vir my, die feit dat hulle nou minder van lasposte op die lughawe gan wees. Ek beleef alle metro polisielede, veral die van Pretoria, meer as ‘n plaag as van enige nut. Vandat hulle nie meer enigsins verkeerspolisie is en verkeersprobleme probeer oplos nie, is hulle eintlik totaal oorbodig. Nou moet hulle die publiek elders gaan ‘harass’.