Metropolisie gaan sê oor Gupta-fiasko

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by die Valley of Waves, Sun City Foto: Haranath Ghosh, Twitter

Die Tshwane-metropolisie gaan Vrydag ʼn mediakonferensie hou oor die beweerde betrokkenheid van sy lede in die begeleiding van die Gupta-familie se trougaste van die Waterkloof-lugmagbasis na Sun City.

Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het vroeër die week gesê daar is briewe aan nege metropolisiebeamptes gestuur waarin hulle ingelig word oor die voorneme om hulle te skors. Hy sê die metropolisie het nie ʼn versoek ontvang om bystand te lewer vir die Gupta-troue nie en is daar dus geen opdrag aan beamptes gegee om veiligheid te verskaf nie. “Beamptes wat bystand gelewer het, het dit in hul eie kapasiteit gedoen.” Mahamba sê twee van die beamptes is verlede week in hegtenis geneem maar aanklagte teen hulle is teruggetrek nadat hulle in die hof verskyn het. Die beamptes het glo blou ligte en vervalste nommerplate op hul privaat voertuie gebruik om trougaste na Sun City te vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.