Die Tshwane-metro het vroeër ’n ondersoek begin nadat dit aan die lig gekom het dat die BMW Z4, wat deur Jaca gebruik word, nie op die eNaTIS-stelsel geregistreer is nie. Die BMW Z4 sowel as die Harley Davidson waarmee Jaca ry het die nommerplaat BALTY GP. JPSA het Vrydag die klagte gelê en sê die grbuik van vals nommerplate is ʼn ernstige oortreding wat strafbaar is met ʼn hewige boete of tronkstraf van tot drie jaar. Die onafhanklike klagtedirektoraat, die Padverkeersbestuurskorporasie en die Tshwan-metro ondersoek ook die saak.
Metropolisie-hoë krimineel aangekla oor vervalste nommerplate
Die Justice Project South Africa (JPSA) het ʼn kriminele klag gelê teen die adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie, Ndumiso Jaca, na berigte dat hy vervalste nommerplate gebruik.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.