Metropolisie-hoë nie vasgevat oor vals nommerplate

Foto: JPSA

Die Tshwane-metro gaan nie aksie neem teen die adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie, Ndumiso Jaca, na berigte dat hy vervalste nommerplate gebruik nie, berig EWN.

Die Tshwane-metro het vroeër ’n ondersoek begin nadat dit aan die lig gekom het dat die BMW Z4, wat deur Jaca gebruik word, nie op die eNaTIS-stelsel geregistreer is nie. Die BMW Z4 sowel as die Harley Davidson waarmee Jaca ry het die nommerplaat BALTY GP. Volgens EWN is dit onduidelik wat Jaca se verduideliking hiervoor was. Die stadbestuurder, Jason Ngobeni, het Maandag ʼn verslag met Jaca se verduideliking aan die burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, oorhandig. Intussen gaan die Onafhanklike Klagtedirektoraat voort met sy ondersoek na Jaca. Die Justice Project South Africa (JPSA) het vroeër kriminele klagte gelê teen Jaca aanhangig gemaak. JPSA sê die gebruik van vals nommerplate is ʼn ernstige oortreding wat strafbaar is met ʼn hewige boete of tronkstraf van tot drie jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.