Metropolisie jaag groep gewapende rowers

Metropolisiebeamptes van Johannesburg het Woensdag ʼn man in hegtenis geneem kort nadat ʼn groep gewapende mans ʼn skrootwerf beroof het.

Volgens hoofsup. Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, was die beamptes op ʼn kapingstoneel in Main Reefweg in Denver toe die eienaar van ʼn plaaslike skrootwerf by hulle stilhou en gesê het dat hy pas beroof is.

“Die man het gesê dat hy deur ʼn groep van nagenoeg 12 rowers van ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof is. Hy het vir die beamptes gesê in watter rigting die verdagtes in ʼn Toyota Quantum gevlug het. Die beamptes het in hul voertuig gespring, die verdagtes gejaag en kort daarna die verdagte voertuig afgetrek,” het Minnaar gesê.

Sowat 12 verdagtes het uitgespring en weggehardloop. Die beamptes kon egter die bestuurder in hegtenis neem en ondervra. Meer inhegtenisnames word verwag.

Die verdagte is van gewapende roof aangekla en hy moet vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.