Metropolisie-rekruut sterf tydens fiksheidstoets

Foto: www.tshwane.gov.za

ʼn 26-jarige man is Dinsdag dood by die Tshwane metropolisie-akademie nadat hy tydens ʼn oefening inmekaargesak het.

‘n Woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, Console Tleane, sê die rekruut was deel van ʼn groep wat ʼn 2,4km fiksheid toets gedraf het, wat deel uitmaak van die fisiese evaluering van voornemende metropolisiebeamptes. Tleane sê die man het omstreeks 14:15 ʼn paar meter buite die akademie se hek inmekaargesak. “Daar is mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas terwyl die ambulans op pad was. Personeel het besluit om hom na die Pretoria Wes-hospitaal te neem wat ʼn paar minute van daar is.” Hy is in die hospitaal dood. Die Tshwane metropolisie evalueer tans sowat 60 000 aansoekers vir die sowat 500 beskikbare plekke as metropolisie studente. “Ons betreur die afsterwe van die aspirant rekruut en wens sy familie sterkte toe in die moeilike tyd,” het Tleane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.