Metropolisie skiet glo straatverkoper oor piesangs

piesangs 1ʼn Straatverkoper is glo in Pretoria se middestad geskiet nadat hy geweier het om sy voorraad aan die Tshwane-metropolisie te oorhandig.

Volgens Shoes Maloka, die woordvoerder van die Tshwane Handelaarsforum, is die slagoffer, Foster Jan Rivombo, Woensdag van naby deur ʼn metropolisiebeampte geskiet. “Daar was ʼn stryery tussen die straatverkopers en metropolisebeamptes. Een van die beamptes het sy vuurwapen te voorskyn gebring en Rivombo geskiet omdat hy sy piesangs wou vat,” het Maloka gesê.

“Nadat hulle Rivombo geskiet het, het hulle hom in ʼn bakkie gelaai en vir drie ure lank nie ʼn ambulans ontbied nie. Sommige verkopers het daarop aangedring dat ʼn ambulans ontbied word, waarna hulle in hegtenis geneem is.”

Maloka het gesê die forum se leier het Donderdag die hele dag tevergeefs probeer om die straatverkopers uit aanhouding te kry.

Senior supt. Isaac Mahamba, woordvoerder vir die Tshwane-metropolisie, het navrae oor die voorval na die burgemeester se woordvoerder, Blessing Manale, verwys. Manale kon nie Donderdag vir kommentaar bereik word nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

louise ·

In my oë is sulke be-amptes onbevoeg! Onbevoeg vir die taak waarvoor hul opgelei is en onbevoeg om n vuurwapen te hanteer.Die kastige groot menere wat agter n uniform skuil en dink hul kan maak en breek soos hul wil. Hoop hy word swaar gestraf!

Ria Maritz ·

Straatverkopers is vir my ‘n nagmerrie, MAAR genade, om koelbloedig te moor is wraggies enige normaal regdenkende mens se grootste nagmerrie.

Hierdie gedrag is absoluut onaanvaarbaar. Dis waarom ek weinig, indien enigsins nog ‘n greintjie respek het vir die “manne” in blou.

Johan Viljoen ·

Die grootste kriminele is in die polisie. Hulle sal enigiets doen, selfs moor, om mekaar te beskerm. Zuma se beskermings eenheid.

George Barnard ·

Ja ons moet oppas die Metropolisie is maar net A N C kaders wat die ANC verteenswoordig in hulle doen en late kyk maar net na Mugabe hy het die selfde gedoen nou ja Zuma is maar net een van Mugabe se kinders wat sy lokasie maniere geleer het
Alle inwoners van Suid Afrika waas op julle hoede vir Zuma en sy. Volgelinge Swart of Wit jy kan Zuma nie vertrou nie

George Barnard ·

Ja ons moet oppas die Metropolisie is maar net A N C kaders wat die ANC verteenswoordig in hulle doen en late kyk maar net na Mugabe hy het die selfde gedoen nou ja Zuma is maar net een van Mugabe se kinders wat sy lokasie maniere geleer het
Alle inwoners van Suid Afrika waas op julle hoede vir Zuma en sy. Volgelinge Swart of Wit jy kan Zuma nie vertrou nie
Mugabe het ook sulke trawante wat mense aanrand en moor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.