Metropolisie skiet man tydens beweerde padwoede-voorval

Beamptes van die Johannesburg Metorpolisie tydens 'n munispale werkers staking. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Motoris van Fordsburg is Vrydag deur ʼn beampte van die Johannesburgse metropolisie geskiet tydens ʼn beweerde padwoede-voorval.

Volgens ʼn woordvoerder van die metropolise, hoof supt. Wayne Minnaar, het die 29-jarige man in ʼn wit Golf gery op Barry Hertzog-rylaan. Die man het toe glo ʼn ander motoris in ʼn rooi Golf begin volg wat in druk verkeer voor hom ingery het. Die man het glo ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die rooi Golf se venster uitgeslaan. Die insittendes in die rooi Golf was metropolisielede in gewonde drag en ʼn ongemerkte voertuig. Nadat die man sy vuurwapen op die metropolisielede gerig het, is hy deur een van die beamptes in die regterbeen geskiet. ʼn Saak van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging is teen die man aanhangig gemaak. Daar sal ook ʼn kriminele en departementele ondersoek na die voorval gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.