Metropolisie waarsku matrieks

Regeringsowerhede het die matriekleerlinge van 2012 gewaarsku om veilig op die paaie te wees wanneer hulle hul nuwe vryheid vier.

Sommige van die gewildste vakansieplekke vir matriekleerders is Hermanus, Plettenbergbaai en Hartenbos naby Mosselbaai, berig EWN. Kenny Africa, hoof van die verkeersdepartement, het gesê hulle gaan streng optree teen verkeersoortreders. “Ons gaan geen toegewings maak teenoor persone wat drink en bestuur of kanse op paaie vat nie,” het Africa gesê.

Wayne le Roux, woordvoerder van die metropolisie in Kaapstad, het gesê hulle sal gewilde kuierplekke patrolleer. “Ons doen ‘n beroep op matrikulante om verantwoordelik te wees. Moenie drink en bestuur nie. Ons het die afgelope naweek 130 motoriste in hegtenis geneem wat onder die invloed van alkohol bestuur het,” het Le Roux gesê.

Intussen het die onderwysdepartement in die Noord-Kaap Maandag gesê hy het ondersteuningsgroepe gestig vir ouers wie se kinders moontlik nie die jaar gaan slaag nie. Die departement het ‘n moeilike jaar agter die rug weens die sluiting van drie skole in Olifantshoek. Klik hier om meer oor dié skole te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.