Metropolisiebeampte per abuis in hegtenis geneem

boeie 2ʼn Metropolisiebeampte wat nie aan diens was nie, is vandeesweek per ongeluk in hegtenis geneem toe hy vir ʼn krimineel aangesien is.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, hoof van die Johannesburgse metropolisie, het Donderdagaand gesê die beampte is Woensdag in Lenasia in hegtenis geneem.

“Die beampte was Woensdag met sy silwergrys BMW oppad na sy huis in Lenasia nadat ʼn gewapende roof in die omgewing plaasgevind het,” het Minnaar gesê. “Vier gewapende mans, wat ook ʼn silwergrys BMW gery het, het ʼn vrou by haar besigheid van R16 000 beroof en gevlug.”

Die beampte is in hegtenis geneem omdat sy voertuig dieselfde as die rowers se voertuig gelyk het, en in dieselfde omgewing was. Die beampte is weer Woensdag vrygelaat.

Niemand is teen Vrydag nog in verband met die roof in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Ons moet nie te kras wees in ons oordeel nie. So ‘n fout kan maklik insluip! Die polisie het dalk sy silwer BW vir Fifty shades of grey aangesien.

Flash ·

Mmmph! Ek dink nie te veel van die Metropolisie waarmee ek al te doen gehad het nie… ek dink meeste hoort in elk geval agter tralies. So dalk was die knaap nie ‘per abuis’ gevang nie. :)
Dalk het hy reeds sy medepligtiges afgelaai?
Vra maar net…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.