Metropolisiebeampte skiet motoris

ʼn Motoris is geskiet en gewond nadat hy glo Woensdag ʼn vuurwapen op ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte gerig het.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, sê die voorval het tydens ʼn beweerde padwoede-voorval in Honeydew plaasgevind.

“’n 24-jarige man se voertuig het teen die metrobeampte, wat van diens af was, se motor in ʼn kruising gebots,” het Minnaar gesê. “Die metrobeampte was saam met sy vriendin, ʼn polisiebeampte, in die motor. Die motoris het glo die polisiebeampte se dienspistool gegryp en op die metrobeampte gerig. Die metrobeampte het sy eie dienspistool uitgepluk en die motoris in die been geskiet,” het Minnaar bygevoeg.

Die motoris is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Die polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.