Metropolisiebeampte ter ruste gelê

Metropolisie. (Argieffoto)Sersant Piet van Bekkum, die Tshwane-metropolisiebeampte wat verlede Donderdag by ʼn winkelsentrum in die noorde van Pretoria doodgeskiet is, is Woensdag begrawe.

Die 51-jarige Bekkum is tydens ʼn rooftog by die Wonderpark-winkelsentrum doodgeskiet ná ʼn groep gewapende mans ʼn juwelierswinkel daar beroof het. Hy was toevallig op die toneel en het niksvermoedend op sy motorfiets by die sentrum gesit toe die mans van die toneel gevlug en hom van naby twee keer in sy bors geskiet het.

Volgens Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Bekkum ʼn formele polisiebegrafnis gekry en gaan sy naam op die Muur van Herinnering by die metropolisie se hoofkwartier aangebring word.

Bekkum is in die Heather Dale-begraafplas ter ruste gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.