ʼn Bloemfonteinse metropolisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagaand ʼn man naby ʼn kuierplek in Smithfield doodgeskiet het.
Sers. Yanga Ngcukana, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die skietery het Sondagaand omstreeks 23:00 plaasgevind.
“ʼn Groep mans was in die kroeg toe ʼn bakleiery ontstaan het,” het Ngcukana gesê. “Die beampte was glo by die bakleiery betrokke en het uit die kroeg gehardloop, maar ʼn paar van die mans het hom gejaag en met klippe gegooi.”
Die beampte het verskeie skote in hul rigting gevuur en een van die koeëls het ʼn 35-jarige man noodlottig gewond. Die polisie het die beampte kort daarna kaalvoet in die straat aangetref. Hy het beweer hy was oppad polisiestasie toe om die voorval aan te meld.
Die beampte sal na verwagting teenWoensdag in die Smithfield-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.
Nee kyk die polisie skiet nou te veel onskuldige mense dood.