Metropolisiebeampte wat selfmoord pleeg: Naam bekend

Die senior metropolisiebeampte van Johannesburg wat Donderdagoggend in die Rabie Ridge-omgewing selfmoord gepleeg het, se naam is bekend gemaak.

Volgens Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die metropolisie, is die liggaam van die 48-jarige Robert Moeketsi Donderdagoggend gevind. Hy was ʼn superintendent van Midrand en het sowat 20 jaar lank diens gedoen, berig EWN. “Moeketsi was in bevel van 35 beamptes. Die voorval het almal geskok. Dit is nie ʼn lekker gevoel om ʼn kollega te verloor nie,” het Minnaar gesê.

Moeketsi se vrou, ʼn onderwyseres, was in Hammanskraal toe die voorval plaasgevind het. Die rede vir sy selfmoord is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.