Metropolisiebeamptes vas oor ‘gewapende roof’

Argieffoto

Argieffoto

Twee Tshwane-metropolisiebeamptes is in hegtenis geneem vir gewapende roof, het die polisie Saterdag gesê.

“Hulle is Vrydag in Gezina, Pretoria, in hegtenis geneem,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het glo Dinsdagaand ʼn motoris met ʼn vuurwapen gedreig en R550 000 kontant van die motoris gesteel.”

Volgens Selepe het die motoris aangevoer hy is naby Hammanskraal op die N1, noord van Pretoria, vir ʼn spoedoortreding deur die beamptes afgetrek. “Hulle het sy voertuig deursoek en op die kontant afgekom. Hulle het gedreig om hom in hegtenis te neem vir geldwassery.”

Selepe sê die twee beamptes sal Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.