‘n Brand het Maandag by ‘n meubelfabriek in Johannesburg se middestad uitgebreek.
“Ons het almal ontruim, niemand is beseer nie,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die stad se nooddienste, gesê. “Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.”
Die brand in die dubbelverdiepinggebou in Marshalltown het omstreeks 10:00 uitgebreek.