Meyerton-skoolmeisie by hoërskool aangeval

Die helikopter waarmee die meisie na die hospitaal geneem moes word. Foto: ER24

ʼn Tienermeisie is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat sy Dinsdag by ʼn hoërskool in Meyerton glo met ʼn sker in die nek gesteek is.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die meisie het ʼn bloeiende wond in haar nek opgedoen. Die meisie moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling.

Banks het gesê hulle beskik nie oor enige verdere inligting oor die voorval nie.

Maroela Media het by ʼn bron verneem dat die voorval by Hoërskool Dr. Malan plaasgevind het. Die skool wil in die stadium nie kommentaar lewer nie en het gesê hulle sal Woensdag ʼn verklaring uitreik. Maroela Media wag ook vir bevestiging van die Gautengse departement van onderwys.

Die Meyerton-polisie het gesê hulle is bewus van die voorval en is tans besig om die inligting na te gaan en sal later meer inligting oor die voorval gee.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter W Putter ·

Ja dan se hulle die mense is nie barbare nie!!! Hy steek sy ma ook met ‘n mes en het geen simpatie met niemand nie!! So jammer dat ons kinders aan hierdie omstandighede blootgestel moet word.Ons gebede gaan uit na die kinders en hulle ouers.

Chantelle ·

Net so by the way, dis ‘n girl wat ‘n ander girl met ‘n sker gesteek Pieter. Kry jou storie agter mekaar voor jy mans beskuldig, vrouens kan erger wees

Jacques ·

Ek kan nie verstaan dat kinders by die skool so aan gaan nie… Jy is nie eers meer veilig by die skool nie… Maar wat gebeur het, het gebeur so al my simpatie gaan aan die kind se familie en haar…

lee ·

My kind se dit was twee swartes, hy hy en sy maats het die gewonde een na veiligheid gebring en die skersteker in die vlr se hande gelaat.Die kinders kla omdat die swartes so baklei en mekaar in die hare vlieg, veral die wyfies is baie aggresief.

makkie cronje ·

Ons was ook in daardie skool jare terug. Kan nie glo dit gaan nou so in skole nie. Het ook kleinkinders in laerskool en hoerskool .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.