Michael Jordaan: Van bankbaas tot Mxit-voorsitter

Michael Jordaan

Michael Jordaan

Michael Jordaan, die voormalige uitvoerende hoof van Eerste Nasionale Bank (FNB), is as die direksievoorsitter van die sosiale platform Mxit aangestel.

“Jordaan se aanstelling is ʼn groot aanwins vir ons,” het Francois Swart, Mxit se uitvoerende hoof, Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Ek is seker hy is oorval met werksaanbiedinge sedert hy FNB verlaat het, en vir hom om deel te word van die MXit-span, bevestig dat ons in die regte rigting beweeg. Dis ʼn bewys van innovasie binne Mxit,” het Swart gesê.

Volgens Jordaan hou hy Mxit al vir jare fyn dop.

“Mxit is regtig ʼn ‘cool’ maatskappy en was oor die afgelope agt jaar wêreldwyd voorlopers op die gebied van tegnologie,” het Jordaan gesê.

“Ek het tyd met die ontwikkelaar- en ontwerpspanne spandeer en hulle het vir my sommige van die projekte gewys waaraan hulle tans werk, veral in die slimfoonmark.”

Jordaan het gesê dat hy nie vergoeding vir sy nuwe rol gaan ontvang nie.

“Ek ontvang nie ‘n salaris of aandele vir my rol as voorsitter nie. Ek wil ʼn nie ʼn uitvoerende hoof wees nie en soek nie betaling nie,” het hy bygevoeg.

Jordaan neem oor van Roger Grobler, wat in die raad aanbly as ‘n nie-uitvoerende direkteur.

MXit het 7,4 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers, van wie 6,5 miljoen in Suid-Afrika is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico Kruger ·

Ek het nie geweet enige iemand gebruik nog mxit nie. Ek self het dit nooit gebruik nie, maar my kinders het en hulle het opgehou want geen van hul vriende gebruik dit meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.