Michael Jordaan van FNB tree uit

Michael Jordaan. Foto: mybroadband.co.za

First Rand Limited het Woensdag bekendgemaak dat Michael Jordaan (45), die huidige uitvoerende hoof van Eerste Nasionale Bank (FNB), die leisels gaan neerlê ná 10 jaar in die pos.

Jacques Celliers (41), wat tans onder andere die uitvoerende hoof van FNB se besigheidsbankdienste is, gaan by hom oorneem.

Die bank het gesê Jordaan het al in 2010 aangedui dat hy aan die einde van 2013 gaan uittree. Hy het gesê hy wil graag meer tyd saam met sy jong familie spandeer, aangesien hy vir die afgelope vyf jaar gereeld tussen Kaapstad en Johannesburg moes pendel.

Celliers gaan oor die volgende ses maande geleidelik begin om verantwoordelikhede by Jordaan oor te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.