Michael Schumacher steeds kritiek

Michael Schumacher

Michael Schumacher

Dokters het Dinsdag gesê die F1-legende, Michael Schumacher, se toestand het effens verbeter, maar dat hy nog nie buite gevaar is nie.

Schumacher (44) het Dinsdag ʼn tweede operasie ondergaan om drukking op sy brein te verlig, maar hy is steeds in ʼn kritieke toestand.

Sabine Kehm, Schumacher se bestuurder, het gesê die dokters is nog nie baie optimisties nie. “Ek dink hulle het dit duidelik gestel dat hulle nie optimisties is nie, maar dat daar wel ʼn effense verbetering is,” het Kehm aan Euronews gesê.

Schumacher word steeds met medikasie onder verdowing gehou.

Intussen het aanhangers van Schumacher buite die hospitaal in Grenoble, Frankryk, begin saamdrom.

Die sewemalige F1-kampioen het Sondag, terwyl hulle by Meribel-oord geski het, geval en sy kop teen ʼn klip gestamp. Hy het ʼn valhelm aangehad.

Lees ook:
Michael Schumacher se toestand versleg
Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

By God is alles moontlik ! Bid steeds vir volkome herstel !

Justi ·

Ek stem Ria. By HOM is alles moontlik. Ek glo Michael sal volkome herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.