“Mickey Mouse”-partye kan nie die land bou nie

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, het Sondag in Pretoria gesê jong politieke partye het nie die kapasiteit om die administrasie van die land te bestuur nie.

“Ons prestasies die afgelope 20 jaar bied ʼn stewige basis waarop ons ʼn beter Suid-Afrika vir elkeen kan bou,” het hy aan ondersteuners gesê tydens die bekendstelling van die party se provinsiale manifes. “Ons prestasie demonstreer dat die ANC die enigste organisasie is wat die vermoë, ondervinding en toewyding het om die voortgesette struggle te lei om ʼn beter lewe vir almal te verseker. Ons het die ondervinding, ons is nie mafikizolo (nuwelinge) nie.”

Ramaphosa het ʼn beroep gedoen op die skare om die nuwe, onervare politieke partye, te vermy. “Ons weet hulle het nie die ervaring, vermoë of kapasiteit om die land beter te bestuur nie. Slegs die ANC moet teruggaan na die Uniegebou om die land te bou; nie al hierdie ander ‘Mickey Mouse’-partye nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JB ·

Watter “prestasie”??? Hoër werkloosheid, korrupsie, slegte paaie, SWAK dienslewering, geen weermag, korrupte polisie, plaasmoorde, ENS. Jy praat soos n “Mickey Mouse”!

Fanie ·

It seems that you have your own set of Disney Characters because the ANC Is also in no position to rule this country in a proper fashion, unless corruption and thievery with a continual dose of lies is widely considered proper. More over you have “Goofy” as your president or is it Wiley E Coyote?

JB ·

O ja, dan praat ons nie eers van dat jy in Australie wil gaan stemme werf vir die ANC nie. Hoe belaglik!! Die mense daar het dan juis vir julle “gevlug”! Wil maar net weereens ons geld mors en “vakansie” gaan hou!! Volgende stop is seker Ventersdorp??

Meisie ·

O wil hulle nou vir ons kom vertel dat die anc dit wel kan doen???? asseblief in watter gat is jou kop ingedruk???

Amelia ·

Ek stem saam Alles val uitmekaar Kyk hoe vuil is dit oral papiere in strateMeer moord verkragting diefstal noem maar net op Nee wat ANC beteken niks als lee beloftes Is al wat hul goed doen lee beloftes aan dan kry jy die wat dit steeds glo na 20 jaar Geen verstand om vir hul self te dink nie

william ·

As die ANC dan so goed is ,waarom groei die land net met 2 persent?. Hoekom is miljoene mense sonder werk?Hoekom is daar nie dienslewering nie? Hoekom is daar 50 moorde per dag? Hoekom word daar so baie vroue en kinders verkrag. ?Onder die ANC beweeg Suid Afrika in trurat maar Ramaphosa is te blind om dit raak te sien.

william ·

Sedert 1994 is Suid Afrika in trurat. Die ekonomie word al swakker, Dienslewering is swak. Werkloosheid neem toe. Wet en orde is by die agterdeur uit. Daar is 50 moorde per dag. Duisende vroue en kinders word verkrag. Die president en sy trawante plunder die staatskas. Ramaphosa moet wakker want hy is uit voeling met die werklikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.