Middelburg-fabriekontploffing: Alle vermiste persone gevind

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Al die persone wat vermis was ná ʼn fabriekontploffing Maandag in Middelburg, Oos-Kaap, is opgespoor.

“Die bestuurder van die fabriek, Rolfe Pharmaceutical, het aan die polisie gesê daar is rekenskap gegee van almal wat vermis was,” het kapt. Stefanie Smith gesê.

ʼn Saak van brandstigting gaan Dinsdag ondersoek word sodra die toneel veilig verklaar is.

“Ons gaan die polisie se honde-eenheid eerste instuur,” het Smith gesê.

Maroela Media het Maandag berig daar was ʼn ontploffing by die parfuumfabriek waarna ʼn brand deur die gebou versprei het. Altesaam 35 mense het brandwonde opgedoen en is na die Wilhelm Stahl-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Daar is aanvanklik vermoed dat twee mense moontlik in die brand omgekom het, maar die polisie het gesê niemand is in die voorval dood nie. Die skade van die ontploffing en brand is nog nie bepaal nie.

Lees ook:
Foto: Middelburg-ontploffing: Talle beseer, twee dalk dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.