Middelburg-man vas ná hy 19-jarige doodslaan

Louis Groenewald. Foto: Facebook

Frederick Kidson (36) het Woensdag op ʼn aanklag van moord in die hof in Middelburg verskyn nadat hy Vrydagaand ʼn 19-jarige man, Louis Groenewald, tydens ʼn rusie geslaan het.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, sê die voorval het omstreeks 21:00 by ʼn vulstasie in die dorp plaasgevind. Kidson en Groenewald het glo in ʼn rusie betrokke geraak, waarna Kidson Groenewald een vuishou toegedien het. Groenewald het inmekaargesak en is deur sy vriende weggeneem. Hy is later in die Midmed-hospitaal dood. Hy het vermoedelik weens breinbeserings gesterf.

Kidson is intussen in hegtenis geneem en het vandag in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Hy is borgtog geweier en bly in polisie-aanhouding totdat hy weer op 23 April in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.