Middelburg-ontploffing: Derde persoon sterf

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

ʼn Derde persoon is dood ná ʼn ontploffing en brand by die Rolfe- farmaseutiese laboratorium in die Oos-Kaap.

“Die vrou het Sondagmiddag in die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth aan haar beserings beswyk,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die provinsie, gesê. Sy was sedert die ontploffing verlede week Maandag plaasgevind het, in die intensiewesorgeenheid.

Twee ander persone is onderskeidelik Woensdag en Donderdag oorlede.

Altesaam 40 mense is na die Wilhelm Stahl-hospitaal geneem waar hulle vir beserings ná die ontploffing in Middelburg behandel is. Persone wat erge beserings opgedoen het, is na die Dora Nginza en Livingstone-hospitale in Port Elizabeth en Cecilia Makiwane-hospitaal in Oos-Londen oorgeplaas.

Kupelo sê die departement het twee helikopters gebruik om die mense uit die vlammehel te red. Altesaam 21 mense wat in ʼn kritieke, maar stabiele, toestand was, ontvang steeds behandeling.

“Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie en ons wag vir die afhandeling van die forensiese ondersoek,” het kapt. Stefanie Smith, woordvoerder van die polisie, gesê.

Lees ook:
Middelburg-ontploffing eis eerste lewe
Middelburg-fabriekontploffing: Alle vermiste persone gevind
Foto: Middelburg-ontploffing: Talle beseer, twee dalk dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.