Middelburg-ontploffing eis eerste lewe

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Die fabriekbrand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

‘n 18-jarige meisie het Woensdagaand in die hospitaal aan haar beserings beswyk ná ‘n ontploffing en brand vroeër die week by ʼn parfuumfabriek in Middelburg in die Oos-Kaap.

Volgens die Oos-Kaapse departement van gesondheid het sy in ʼn hospitaal in Port-Elizabeth gesterf, berig AlgoaFM. Die naam van die meisie is nog nie bekend gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig dat meer as 30 mense Maandag brandwonde opgedoen het tydens die ontploffing by Rolfe Laboratories.

Sizwe Kupelo, ʼn woordvoerder van die departement, het aan AlgoaFM gesê 20 mense ontvang nog behandeling en van hulle sal na verwagting Vrydag ontslaan word. Hy het gesê vier mense is na ʼn hospitaal in Oos-Londen oorgeplaas om daar behandeling te ontvang. Die oorsaak van die ontploffing word nog ondersoek.

Bron: AlgoaFM

Lees ook:
Middelburg-fabriekontploffing: Alle vermiste persone gevind
Foto: Middelburg-ontploffing: Talle beseer, twee dalk dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.