Middelburg-ontploffing eis sesde slagoffer

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Die brand in Middelburg. Foto: Algoa FM / Twitter

Nog ʼn persoon is dood ná ʼn ontploffing verlede week by die Rolfe-farmaseutiese laboratorium in Middelburg in die Oos-Kaap. Dit bring die dodetal nou op ses.

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het gesê die sesde slagoffer is Woensdag in die vroeë oggendure dood.

Altesaam 40 mense is ná verlede Maandag se ontploffing na die Wilhelm Stahl-hospitaal geneem waar hulle behandel is. Persone wat erge beserings opgedoen het, is na die Dora Nginza en Livingstone-hospitale in Port Elizabeth en Cecilia Makiwane-hospitaal in Oos-Londen oorgeplaas.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie en die polisie wag vir die afhandeling van die forensiese ondersoek.

Lees ook:
Middelburg-ontploffing: Derde persoon sterf
Middelburg-ontploffing eis eerste lewe
Middelburg-fabriekontploffing: Alle vermiste persone gevind
Foto: Middelburg-ontploffing: Talle beseer, twee dalk dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.