Midmar-swemmer steeds vermis

Herman van Straten

Herman van Straten

Reddingspanne soek steeds na Herman van Straten (43) wat Saterdag vermis geraak het tydens die Midmar-myl in Howick, KwaZulu-Natal.

Lt. Jack Haskins, woordvoerder van die polisie se soek- en reddingseenheid, sê ses mense is betrokke by die soektog na Van Straten. Haskins sê die span sal voortgaan met die soektog tot hulle Van Straten vind. Shené Jones, Van Straten se verloofde, het vroeër vandag gesê sy voel dat die organiseerders van die Midmar-myl haar nie die nodige ondersteuning gegee het nie. Jones het aan The Star gesê dat sy van bakboord na stuurboord gestuur is toe sy Van Straten as vermis probeer aanmeld het nadat sy tevergeefs vir hom by die eindpunt gewag het. Volgens Jones het die organiseerders met die volgende item voortgegaan nadat Van Straten as vermis aangemeld is.

In 2011 is Nick Mellet se liggaam vier dae nadat hy tydens die Midmar-myl vermis geraak het, gevind.

Lees ook:
Midmar-swemmer word vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.