Die polisie van KwaZulu-Natal het Maandag ʼn soektog hervat nadat ʼn swemmer, Herman van Straten (43) ‘n sakeman van Johannesburg, Saterdag gedurende die Midmar-myl verdwyn het.
“Van Straten het om 11:09 begin swem en nie die resies voltooi nie. Hy word steeds vermis,” het lt. Jack Haskins, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.
Kapt. Thulani Zwane, ook ʼn polisiewoordvoerder, het gesê soek- en reddingspanne asook polisieduikers van Pietermaritzburg is tans op die toneel.
Die organiseerders van die resies was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie. -SAPA