Midvaal-burgemeester bedank

Timothy Nast

Timothy Nast, DA-burgemeester van Midvaal, het bedank, het die party Vrydag gesê.

James Selfe, DA-LP, het aangedui dat Woensdag Nast se laaste dag sal wees. “Hy neem van 1 Augustus sy nuwe pos in by die Gautengse Beplanningskommissie (GPC),” het Selfe gesê.

Die GPC is verantwoordelik vir langtermyn stads- en streeksbeplanning en prestasiemonitering en evaluasie van die provinsie. Alle infrastruktuur- en ontwikkelingsbeplanning word sentraal deur die GPC behartig namens Nomvula Mokonyane, premier van Gauteng en lid van die ANC.

Selfe het gesê die skuif sal nie Nast se lidmaatskap met die DA beïnvloed nie. “Hy het dit baie duidelik gestel dat hy entoesiasties bly as ʼn lojale lid van die DA.”

Nast (32) is in 2009 as burgemeester van Midvaal aangestel. Hy is in 2011 herverkies in die pos. Die Midvaal-munisipaliteit het al verskeie toekennings onder sy leiding ontvang en het nege ongekwalifiseerde oudits ingepalm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.