Miljarde sal belê word vir “groen” ekonomie

Die regering beplan om miljarde in ‘n publieke vervoerstelsel te belê in ‘n poging om die Suid-Afrikaanse ekonomie meer “groen” te maak, het pres. Jacob Zuma Sondag gesê.

“Teen 2014 sal die staatsbeheerde spoorwegmaatskappy, Prasa (Passasierspoorwegagentskap van Suid-Afrika) R20 miljard belê in nuwe treine, waarvan meeste plaaslik vervaardig sal word,” het Zuma gesê. Hy het by COP17 (die wêreldekonomie forum se groen vennootskap dialoog) in Durban gepraat. Dit is deel van die regering se pad na Nuwe Groei wat uitlaatgasse wil verminder deur op herwinbare en kernenergie, ‘groen’ vervoer en die beboude omgewing te fokus. “Die regering sal in ‘n publieke vervoerstelsel belê om mense aan te moedig om nie meer soveel op privaatmotors staat te maak nie,” het Zuma gesê.

Zuma het gesê die regering sal sy spoorwegbeleggingsprogram hersien in ‘n poging om die skuif van vragvervoer van paaie na die spoorweë te bespoedig. Staatsbeheerde vervoerentiteit, Transnet, sal oor die volgende vyf jaar R63 miljard in die vragspoorstelsel belê, het hy gesê. “Georganiseerde besighede sal ook voortgaan om maatskappye aan te moedig om van spoorwegvervoer gebruik te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.