“Miljoene aardbewings” in 2013 eis baie

Die skade aan 'n gebou in Concepcion, Chile ná die aardbewing van 8.8 op 27 Februarie 2010 Foto: boston.com

Die skade aan ‘n gebou in Concepcion, Chile ná die aardbewing van 8.8 op 27 Februarie 2010 Foto: boston.com

Aardbewings wêreldwyd het in 2013 ongeveer 1 400 lewens geëis, aldus ‘n verslag van die Amerikaanse USGS wat aardbewings wêreldwyd monitor. Die verslag is pas bekend gemaak.

Volgens die USGS het daar soos gebruiklik miljoene aardbewings die afgelope jaar voorgekom, maar verreweg die meeste was in afgeleë gebiede of te lig om gevoel te word.

In 2013 was daar twee aardbewings wat tussen 8 en 8,9 op die momentmagnitudeskaal gemeet het. Altesaam 17 aardbewings het tussen M 7 en M 7,9 gemeet. Altesaam 1 194 aardbewings van sterker as M 5 is wêreldwyd gemeet.

Die dodelikste aardbewing was die aardbewing van M 7,7 wat Pakistan op 24 September getref het, en 825 lewens geëis het. Aardbewings wat sterftes opgelewer het, het ook in die Filippyne, China, Iran, Indonesië, Afganistan en op die Santa Cruz-eiland voorgekom.

Onder die interessante aardbewings wat gemeet het, was een van ongeveer M 5 toe Noord-Korea in Februarie ‘n kernbom ondergronds laat ontplof het, en ‘n skudding wat gevolg het op ‘n roetine ontploffing in ‘n gruisgroef in die VSA. ‘n Gruisgroef-ontploffing in Kanada is ook aangeteken.

Hoewel Suid-Afrika verskeie ligte skuddings in 2013 beleef het, waaronder by Edenburg, Baberton, Zeerust, Johannesburg en Bela Bela was almal te lig om deur die USGS op sy aardbewingkaart aangeteken te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.