Miljoene dollar lê oor pad gestrooi ná ongeluk in Kanada

Miljoene dollar in Kanadese munte was oor ʼn snelweg gestrooi toe ʼn veiligheidswa Woensdag klippe getref en omgeslaan het, het die polisie gesê.

Sapa berig die voorval het ongeveer 04:00 die oggend naby Ramore, Ontario, plaasgevind, en ʼn kettingbotsing veroorsaak. Buiten die Brinks-voertuig was twee aankomende vragmotors en ʼn minibus ook in die ongeluk betrokke. Die twee persone in die Brinks-voertuig is na nabygeleë hospitale met kritieke beserings geneem, het provinsiale polisiekonstabel Marc Depatie van South Porcupine Ontario aan AFP gesê. Niemand anders is in die ongeluk beseer nie.

Polisie en werknemers van Brinks het intussen by die ongelukstoneel aangekom om die vrag, wat “regoor die toneel gestrooi gelê het”, te beveilig. Die vrag se waarde word tussen Kan$3.5 miljoen en Kan$5 miljoen bereken, het Depatie gesê. “Van die vrag, die Loonies en Toonies (een en twee dollar muntstukke) was regoor die snelweg versprei,” het hy gesê. ʼn Private kontrakteur sal magnete gebruik om soveel as moontlik van die vrag te herwin. “Dit gaan ʼn geweldige taak wees,” het Depatie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.