Miljoene e-tolskyfies soek nog eienaars

e-tagDie Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) sit met meer as 1,4 miljoen e-tolskyfies wat nog nie verkoop is nie, het Dipuo Peters, minister van vervoer, Dinsdag gesê.

“Sanral het sowat 2 107 000 e-tolskyfies oor die afgelope drie jaar bekom. ʼn Totaal van 1 427 900 moet nog geallokeer word,” het sy in ʼn geskrewe antwoord aan die parlement gesê.

Die syfers dui daarop dat 679 100 e-tolskyfies verkoop is.

Nazir Ali, die uitvoerende hoof van Sanral, het ses weke gelede gesê 600 000 e-tolskyfies is al in sirkulasie.

Peters het gesê Sanral het nagenoeg R25.3 miljoen tussen Januarie en Oktober spandeer aan advertensieveldtogte om motoriste aan te moedig om e-tolskyfies aan te skaf. In November en Desember verlede jaar het Sanral R11.3 miljoen aan advertensiekostes spandeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martha du Plessis ·

ALREEDS gespandeer aan advertensies as die syfers korrek is: R36.6 Miljoen. Nie sleg nie, ampertjies kon dit gebruik gewees het om skuld terug te betaal.

Sarie van Niekerk ·

As hulle net die afgelope paar jaar se massiewe bedrae wat aan advertensiekostes spandeer is gevat en op die pad afbetaal het was daar al ‘n yslike gat in die skuld gewees. Die mense steur hulle tog ie eers aan die advertensies nie, hoekom so baie geld daarop mors?

Ek was dan onder die indruk, volgens Sanral self, dat feitlik al die skyfies al verkoop is. Wie lieg noe vir wie

Seg ·

Hierdie besigheid is dood gebore indien mense nie skyfies koop of rekeninge betaal nie. Oorhoofse kostes sal te hoog word en die maandelikse inkomste oorskry.

Trippie ·

Hehe – Sanral gaan nog lank wag vir hierdie vrou – GEEN E-TOL SKYFIE VIR MY NIE DANKIE.

Eie onnoselheid om R miljoene aan advertensiekostes te bestee.

Piet ·

Amper genoeg skyfies om alle gate in ons land se paaie mee op te vul !

eugene ·

Ek betaal niks,soek my,dien n dagvaarding op my,onthou ek is geregtig op n spoedige verhoor so maak seker alle getuies is daar.Die minister,vervaardigers van al die toerusting wat gebruik word.Die persone wat die toerusting instaleer het,bring sommer julle kwalifikasies saam wat julle magtig om met die toerusting te werk.Die persoon wat die program geskryf het moet ook sommer by die hof wees.,

Eksenet ·

Hier gaan ons al weer. Ou Seg, jy’s soos ‘n ou vrou met ‘n nat ????? Jy het net so bietjie verder vorentoe gese “hierdie besigheid is dood gebore…………”, maar nou wil jy weer vir Eugene kom aanval. Kry bietjie jou prioriteite reg, want dit klink of jy ‘n gesplete persoonlikheid het.

PURE BOER ·

Ag my wereld, mag die hele k@k storie tog net n vlop wees. Die v()ken regering dink ons mense het extra geld om vir hulle te gee,,,, nee wat. Bom die punte laat dit hulle nog geld kos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.