Miljoene gesteel ná Bieber-konsert

Justin Bieber

Miljoene is tydens ‘n rooftog by die FNB-stadion in Soweto aan die suide van Johannesburg, ná die Justin Bieber- en Bon Jovi-konserte oor die naweek, gesteel.

“’n Werknemer by die stadion het Sondagaand geld in ‘n instapkluis toegesluit ná die Justin Bieber-konsert en is omstreeks 23:00 huis toe,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Maandag gesê. Toe die werknemer Maandagoggend by die werk opgedaag het, het sy gesien dat daar met talle deure oppad na die kluis gepeuter is.

Volgens EWN was die stadion Maandag gesluit terwyl die polisie, forensiese deskundiges en beamptes van sekuriteitsmaatskappye na leidrade op soek was.

Mogale sê diewe het deur ‘n dubbeldikte muur, wat na die kluis lei, gekap. “Die verdagtes het toe sowat drie meter ver deur die gat van die dak af na die kluis afgesak en miljoene rande kontant gesteel.”

Mogale sê videomateriaal van die diefstal is versoek en ‘n ondersoek is van stapel gestuur.

Beamptes by die stadion glo dit was ‘n noukeurig beplande operasie, aangesien die verdagtes dae lank deur die muur moes kap, berig EWN. Dit is nie bekend hoeveel geld presies gesteel is nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Somerset Morkel ·

Maak ‘n fliek hiervan – dis goeie film-materiaal…

De Wet Momberg ·

Die storie ruik rot ! Al die kaartjies was dan weke voor die tyd reeds by computicket uitverkoop ! Watse geld sou daar wees ? Snoepiegeld ? Meer as ‘n miljoen ? Sulke bedrae word mos deur maatskappye soos coin security of Fedility guards kom haal en vervoer weens die feit dat hulle verseker is . Boon-op dit alles ,wie los al daai geld op die perseel en dit net in een persoon se hande ? Die ding klink nie reg nie …….scam ,bedrog…..fast one……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.