Miljoene jongmense registreer – OVK

IECDie Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag gesê miljoene jongmense het registreer om in vanjaar se algemene verkiesing te stem.
“Ons is opgewonde oor die wyse waarop Suid-Afrikaners, veral jong Suid-Afrikaners, in hul miljoene opgedaag het om die geleentheid te benut om te registreer,” het Pansy Tlakula, voorsitter van die OVK, gesê.
“Die resultate wys dat ons sienings kan verwerp dat Suid-Afrikaners apaties of afgestomp is vir demokrasie.”
‘n Totaal van 1 259 560 mense het die afgelope naweek vir die eerste keer geregistreer. Dit bring die aantal kiesers op meer as 25 miljoen te staan. Tlakula het gesê dié getal is 80,5% van die stemgeregtigde bevolking.

‘n Totaal van 1,1 miljoen mense het tydens die registrasienaweek in November vir die eerste keer geregistreer. Met die 1,2 miljoen mense wat die afgelope naweek geregistreer het, gaan ‘n totaal van 2,3 miljoen nuwe kiesers by die kiesersrol bygevoeg word. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.