Miljoene kinders ongeletterd – VN

Argieffoto

Argieffoto

Sowat 250 miljoen van die 650 miljoen kinders wat oud genoeg is om grondslag-onderrig te ontvang, is ongeletterd, luidens ‘n verslag van die VN.

Hiervan is 130 miljoen wel op skool maar het onvoldoende basiese skolastiese vaardighede aangeleer. Die verslag is deur onafhanklike kundiges vir Unesco saamgestel.

Hoewel meer kinders nou skoolgaan, het kwaliteit dikwels ter wille van kwantiteit in die slag gebly. Volgens die navorsers kos die 250 miljoen kinders wat nie leer nie, regerings oor die hele wêreld jaarliks sowat $129 miljard.

Wêreldwyd moet daar teen 2015 altesaam 5,2 miljoen behoorlik opgeleide onderwysers gewerf word om die behoefte aan te speek. Sub-Sahara Afrika word as die streek met die grootste agterstande uitgewys. Byna 40 % van die leerders wat graad vier bereik het, het nie die basiese vaardighede aangeleer wat daarmee verband hou nie.

‘n Opsomming van die verslag (54 pp) en die volledige verslag kan hier afgelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.