Miljoene rand se dwelms in JHB opgespoor

Dwelms ter waarde van miljoene rand is Dinsdag glo in ‘n geparkeerde motor by ‘n huis in Steeldale, Johannesburg, opgespoor.

Lt.kol. Lungelo Dlamini sê die polisie het die huis deursoek en ses ander voertuie ook op die eiendom opgespoor. “Vermoedelik is daar nog dwelms in die huis versteek of die huis is moontlik as ‘n dwelmlaboratorium gebruik,” het Dlamini gesê. Die eienaar van die huis is in hegtenis geneem. “Hy word tans ondervra,” het Dlamini bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.