
‘n Diamant-halssnoer wat spesiaal vir die Cannes-filmfees ontwerp is. Dié halssnoer het ‘n 5 karaat peersnit-diamant en 284 roossnit diamante van byna 183 karaat.
Meer as $1 miljoen (R9 miljoen) se juwele is uit ‘n hotel in Cannes, Frankryk, gesteel.
Die juwele sou aan sterre, wat aan dié bekende rolprentfees op die Franse Riviera deelneem, geleen word. Die juwele is glo vroeg Vrydagoggend uit ‘n hotelkamer van ‘n werknemer van die eksklusiese Switserse juweliers, Chopard, gesteel, berig BBC.
Volgens die polisie in Frankryk het die diewe die kluis uit ‘n muur in die kamer by die Novotel-hotel geruk. Beamptes van die rolprentfees sê die Palme d’Or is nie een van die stukke wat gesteel is nie.
Die geleentheid se top toekenning is ook deur Chopard, ‘n amptelike borg van die fees, vervaardig.
Bekendes wat dié jaar van Chopard se juwele gebruik sou maak vir hul rooitapytverskyning sluit Julianne Moore, Lana Del Rey en Cindy Crawford in.
Die diefstal het glo ‘n paar uur ná die vertoning van die rolprent, The Bling Ring, plaasgevind. Dié rolprent, deur regisseur Sofia Coppola, handel oor tieners wat uitvind wanneer bekendes rooitapytgeleenthede gaan bywoon om sodoende by hul huise in te breek en hul ontwerpersklere, -handsakke en -skoene te steel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
[…] ook: Miljoene rande se juwele by Cannes-filmfees gesteel Gepubliseer in Hoofnuus, Nuus, Wêreld | Sleutelwoorde cannes, diefstal, […]
[…] ook: Juwele van R520 miljoen gesteel Miljoene rande se juwele by Cannes-filmfees gesteel Gepubliseer in Hoofnuus, Nuus, Wêreld | Sleutelwoorde cannes, diefstal, […]