Miljoene rand se skade ná haelbui

‘n Erge haelbui Woensdag in Bothaville in die Vrystaat het miljoene rand se skade aangerig aan mielie-, sojaboon- en sonneblomaanplantings.

Landbou.com berig tussen 80mm en 125mm reën het Woensdag in die gebied geval, ná die 50mm reën Dinsdag in die gebied tussen Bothaville en Klerksdorp. Jakkals le Roux, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, het gesê ‘n “hele paar boere” is deur die storm geraak. Die boere kan nog nie in die lande kom om die omvang van die skade te bepaal nie. Een boer in die omgewing beraam egter sy skade tussen R1.1 miljoen en R1.5 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.