Die SAID het by OR Tambo-lughawe in Johannesburg beslag gelê op dwelmmiddels met ‘n geraamde straatwaarde van R42.6 miljoen.
“Twee vroue het van Tanzanië met ses groot swart sakke by die lughawe opgedaag,” het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in ‘n verklaring gesê. Toe die bagasie deursoek is, is nagenoeg 150kg metamfetamien, wat ook as “tik” bekendstaan, opgespoor.
Die vroue en die dwelmmiddels is aan die polisie oorgegee.
Sit hulle sonder ‘n verhoor voor ‘n vuurpeloton. Dink net hoeveel kinders se lewens sou hulle verwoes het as hulle nie gevang is nie. Uitstekende werk deur SAID