Miljoene vir Rustenburg-vrou wat verkeerdelik met kanker diagnoseer is

Die departement van gesondheid in Limpopo gaan ʼn vrou miljoene betaal nadat sy in 2005 verkeerdelik met kanker diagnoseer is.

Die vrou het ʼn dubbele mastektomie en chemoterapie ondergaan, sonder dat dit nodig is, het The Star Woensdag berig. Die 49-jarige vrou van Rustenburg beweer sy is verkeerdelik deur ʼn dokter in ʼn provinsiale hospitaal met aggressiewe borskanker diagnoseer. Ná haar operasie en chemoterapie het sy uitgevind dat sy nooit kanker gehad het nie.

Die vrou het in 2005 meer as R9.9 miljoen van gesondheidsowerhede in Limpo geëis. Hulle erken nie nalatigheid nie, maar het ingestem om skadevergoeding te betaal.

Die saak sal hierdie week in die hof aangehoor word. Gesondheidsowerhede het ingestem om 80% van die skade te betaal wat die vrou kan bewys. Die provinsie stem in om skadevergoeding te betaal wat, onder andere, uit die diagnose van die vrou deur dokters by die Polokwane-hospitaal se onkologiekliniek van Mei tot November 2005 gespruit het, die daaropvolgende bilaterale mastektomie en die chemoterapie. Die provinsie sal ook haar regskostes dek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae