Milla Louw sterf in Port Elizabeth

Milla Louw. Foto: www.knysnaplettherald.co.za

Die veteraan-aktrise, Milla Louw, is Sondagaand in die ouderdom van 89 in Port Elizabeth in die St. Georges Hospitaal aan hartversaking oorlede.

RSG berig dat Louw, wat tot onlangs die rol van Tannie Schoeman vertolk het in 7de Laan, Saterdag in die hospitaal opgeneem is. Louw bly sedert November 2009 by haar dogter in Port Elizabeth. Louw was ook stemonderwyseres vir onder meer akteurs van Egoli sowel as talle radio omroepers. Sy het in televisieproduksies soos Nommer Asseblief, Willem, Agter Elke Man en Egoli gespeel. Sy word oorleef deur haar 4 kinders, 10 kleinkinders en 6 agterkleinkinders. Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.