Min betaal verkeersboetes

Argieffoto

Slegs ‘n breukdeel van Suid-Afrikaners betaal glo hul verkeersboetes.

Volgens die jaarlikse verslag van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) skuld motoriste R1.6 miljard in uitstaande verkeersboetes wat in die Tshwane en Johannesburg munisipaliteite uitgereik is, berig City Press. Luidens die verslag is sowat R980 miljoen tussen April 2011 en Maart 2012 aan motoriste in Tshwane en Johannesburg uitgereik, maar slegs R86 miljoen van dié boetes is betaal. Dit verteenwoordig 9% van die totale waarde.

Tshwane en Johannesburg is die enigste munisipaliteite wat aan die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (Aarto) se proeffase deelgeneem het.

Aarto maak voorsiening vir ‘n oortredingsregister wat landswyd rekord hou van uitstaande boetes. Aarto verhoed ook dat bestuurders met uitstaande boetes hul voertuig- en bestuurderslisensies kan hernieu.

Ben Martins, minister van vervoer, sal na verwagting die inwerkingstelling van die Aarto-wet vroeg volgende jaar aankondig. RTIA sal die wet toepas.

Uit die 1.8 miljoen boetes wat in die afgelope finansiële jaar in Johannesburg en Tshwane uitgereik is, is slegs 251 125 (14%) betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.